Dienste aan inwoners:

Dienste aan inwoners:

  • Dokter beskikbaar op Dana / Kana terrein.
  • Gekwalifiseerde mediese personeel.
  • Weeklikse kliniek.
  • In ‘n noodgeval sal die inwoner deur ‘n mediese personeellid besoek word.
  • Nood-fasiliteit is beskikbaar vir alle inwoners.
  • Tuisversorging is beskikbaar vir diegene wat hulp benodig om so lank moontlik onafhanklik en selfversorgend te wees.
  • Herstelsorg is beskikbaar vir kort termyn periodes vir diegene wat tyd nodig het om te herstel na ‘n operasie of siekte.
  • Voetsorg
  • Herwinning
  • Haarkapster op perseel.
  • Biblioteek.
  • Vervoerdiens twee keer per maand na Volksrust.
  • Wasgoed-diens indien benodig.
  • Eetsaal.
  • Inwoners kan op versoek reël vir maaltye.
  • Gastekamer vir familie of vriende.
  • Welstandsondersteuning

Veiligheid en Sekuriteit:

Om die veiligheid van inwoners en personeel te verseker is daar: 

  • Gekontroleerde toegang tot die perseel..
  • Elektriese heining. 
  • 24-uur sekuriteit en kamera fasiliteite.  
  • Paniek-knoppie vir elke inwoner.

Omgewing en Aktiwiteite:

Dana Aftree-oord verskil in een opsig van meeste soortgelyke fasiliteite in die sin dat dit in alle opsigte ruimte bied.  Daar is ruimte tussen eenhede, groot grasperke en ‘n wandelpad met strategies geplaaste banke om te sit en ontspan en die uitsig te geniet.   Wakkerstroom is bekend vir sy koue winters, maar ook vir sy besondere groen berge en grasvelde.

Daar is ‘n meelewende kultuur in die aftree-oord met vrywillige programme en sosiale aktiwiteite om aktiewe veroudering te bevorder en te verseker.  Hierdie sluit in: 

  • Sosiale geleenthede Vrydae by Kuier@Kana.
  • Aktiwiteitsgroepe.
 

Kontak Ons

Indien u belangstel of oorweeg om in Dana te kom woon, vul die volgende in: