Omtrent Dana Tehuis

Dana Tehuis is geleë in die dorp Wakkerstroom, in die suidelike deel van Mpumalanga Provinsie. Wakkerstroom is ongeveer 30 kilometers van Volksrust.

In Oktober 1988 het Dana Tehuis Frail Care tot stand gekom. Dana Tehuis is in Desember 2000 geregistreer as ‘n Nie-Winsgewende Organisasie (NWO) en bestaan sedertdien.

Dana Tehuis word bestuur deur ‘n Raad en Bestuurder. Die Raad word verkies deur die inwoners. Raadslede kan inwoners asook lede van die gemeenskap wees.

Die kantoor word bestuur deur ‘n Bestuurder en Administratiewe Personeel.

 

 

Akkommodasie:

Dana Tehuis bied bekostigbare gehalte verblyf aan persone bo die ouderdom van 50 jaar.

Ons erken die behoefte aan veilige en geborge akkommodasie vir ouer persone en daarom bied ons ‘n verskeidenheid verblyf-opsies.

Onafhanklike Verblyf:

Verskillende grootte eenhede is beskikbaar. Daar is 95 eenhede wat wissel tussen 1, 2 en 3 slaapkamers.

Die grootte van eenhede wissel tussen 48vkm tot 240vkm.

Eenhede kan gekoop (Lewensreg) of gehuur word.

Versorgingseenheid:

Dana Versorgingseenheid is vir inwoners wat voltydse versorging benodig.

Gekwalifiseerde en toegewyde versorgingspersoneel behartig hierdie belangrike funksie.

Daar is 32 beddens in die Versorgingseenheid.

Versorging van inwoners:

Meeste inwoners begin hulle verblyf as totaal onafhanklik funksionerende inwoners.

Familiebetrokkenheid speel ‘n groot rol. Daar word gepoog om kinders, familielede en vriende te betrek by die versorging en welstand van alle inwoners.

 

Kontak Ons

Indien u belangstel of oorweeg om in Dana te kom woon, vul die volgende in: